10 Gewoontes Studiekursus (Skole)

Materiaal: Verskillende kursusse vir:

  • Leerders in Grade 4 to 7
  • Leerders in Grade 8 to 12
  • Ouers

Elk van die bogenoemde sluit die volgende in:

  • Gebruikersvriendelike Werkboeke
  • Vyf videos van 10 minute elk

Sien waaroor dit gaan:

GRATIS

Leerstylvraelys

BEGIN NOU

Kliek om af te laai

Belangrik:

  • Verkieslik moet Leerders in Grade 4 tot 7 deur ‘n volwassene, wat ‘n ouer of ‘n bevoegde fasiliteerder kan wees, deur die 10 Gewoontes begelei word
  • Verkieslik moet ouers vinnig deur die 10 Gewoontes gaan om hulself op hoogte te bring van die inhoud sodat hulle hul kinders kan ondersteun om die 10 Gewoontes te bemeester. Omdat die 10 Gewoontes op ‘n selfoon gekyk kan word, is dit baie maklik om vinnig vertroud te raak met die inhoud

Voordele:

  • Leerders:
    • Verstaan en onthou beter
    • Neem groter verantwoordelikheid vir hul skoolwerk
    • Presteer beter in hul skoolwerk
  • Minder spanning tuis oor skoolwerk wat gedoen moet word
  • Verbeterde breinfunksie (Lees paragraaf langsaan)
Neuro-sielkunde het in die afgelope tyd dramaties ontwikkel. Die belangrike bevinding is byvoorbeeld gemaak dat die brein deurlopend verander en binne perke aanpas en herorganiseer om meer inligting meer doeltreffend te hanteer.

Die brein is ‘n merkwaardige orgaan.  Onder die druk van aktiewe denk- en leer, herbedraad die brein en ontwikkel nuwe skakels tussen breinselle wat breinfunksionering dramaties verbeter.

Die beste wat ouers dus vir hul kinders kan doen is om hulle bewus te maak dat hulle hul breinkapasiteit kan verbeter deur te lewe met die kredo “wire to fire”, want die teenoorgestelde “use it or lose it” is te naar om aan te dink.

css.php