Kies 'n Beroep

WAT IS LOOPBAANKOMPAS?

LoopbaanKompas is ‘n aanlyn beroepsvraelys.

As jy LoopbaanKompas voltooi, wat omtrent 40 minute sal neem, sal dit jou help om ‘n beroep te kies wat in ooreenstemming met jou belangstellings is.

WAT JY MOET DOEN

  • Jou eerste uitdaging is om jouself onder die vergrootglas te plaas sodat jy kan weet presies wat jou unieke vermoëns, belangstellings en voorkeure is.
  • Jou tweede uitdaging is om die arbeidsmark te ondersoek en presies uit te vind wat die vereistes van elke werk is en waar jy die beste sal inpas.

UITDAGING 1: WIE IS JY?

Ses beroepskategorieë kan onderskei word naamlik Realistic, Investigative, Artistic, Social, Enterprising en Conventional (die Engelse terme word gebruik omdat die LoopbaanKompas volgens internasionale standaarde ontwikkel is). Elkeen van hierdie ses kategorieë verteenwoordig tipiese persoonlikheidseienskappe en gepaardgaande beroepe.

As jy die Loopbaankompas-vraelys voltooi het, sal jou loopbaanprofiel, ‘n kort beskrywing van jou persoonlikheidseienskappe en voorkeur beroepe gegee word. Nou is dit belangrik dat jy sal oordeel of dit ‘n akkurate beskrywing van jou is. Is dit met ander woorde die soort mens wat jy is? Voel jy gemaklik met die beskrywing wat vir jou gegee word? Dit moet amper vir jou voel dis soos klere wat jy aantrek: dit pas by jou en sê wie en wat jy is.

UITDAGING 2: ONDERSOEK DIE ARBEIDSMARK

Op grond van jou loopbaanprofiel sal die rekenaar beroepe identifiseer wat jou waarskynlik die beste sal pas. As jy op enige van die beroepe kliek, sal jy volledige inligting ontvang oor die vaardighede wat nodig is, die werksomstandighede, die take wat uitgevoer moet word, die opleiding wat nodig is, ens.

Jy moet elkeen van die vereistes van die beroepe baie goed oorweeg. Sien jouself in jou verbeelding in daardie werk en stel jou voor hoe dit sal wees om elke dag daardie werk te doen. Bespreek dit met jou vriende en ouers. Is dit hoe hulle jou ook sien? Weereens, dit moet voel soos klere wat jou baie goed pas en waarin jy gemaklik is?

Verstaan jy wat jy moet doen?

1. Eerstens, ontdek meer van jouself. Die Loopbaankompas sal jou hiermee help.
2. Tweedens, ondersoek die vereistes van die verskillende beroepe.
3. Besluit watter beroep pas jou die beste.
4. Voltooi die vraelys elke jaar vanaf Graad 8 en doen volledige beroepsverkenning om seker te maak dat jy die regte beroep kies.

Die toekoms behoort aan hulle wat hulself betyds daarvoor voorberei

Geniet elke stap van jou reis

css.php